Voorspoed, Bianca

http://kerkbode.christians.co.za/2018/06/25/voorspoed-bianca/

Roelf van Wyk skryf:

Doer in die 70’s boks Pierre Fourie teen Bob Foster in Suid-Afrika. Baie was vir en baie daarteen gewees. Sondag breek aan en Rapport is vol foto’s van die geveg.

My vader koop nooit die Rapport nie, maar dié dag koop hy die Rapport. Ek wonder hoekom en die middag sou ek die antwoord kry. My pa (Roelf van Wyk) roep my en ek gaan sit by hom in die kombuis by die eettafel. En toe kom sy storie: My ou seun, in die Tweede Wêreldoorlog het ons almal van Suid-Afrika saam in ’n oorlog geveg. As ’n Indiër, swart man of wit man sterf, is dit dieselfde kleur bloed, selfde hartseer. Selfde pyn wat ervaar word.

Toe Pierre Fourie en Bob Foster boks en hulle raak aan mekaar, was daar nie wit strepe op Bob Forster en swart strepe op Pierre Fourie nie.

Toe sê my pa die volgende vir my: Hy hoop die NG Kerk gaan dit nog uitvind.

So, ds Bianca Botha, jy is ’n dapper vrou om jou mening te lug (Kerkbode, 4 Mei).

Hoop u gaan die lig nog baie helderder laat skyn.