Nuut vir jou boekrak

http://kerkbode.christians.co.za/2017/11/30/nuut-vir-jou-boekrak/

A RAINBOW OVER THE LAND deur Ernst Conradie en David Field. Uitgegee deur Bybelkor, 2016. “This revised volume of A rainbow over the land is a much-needed resource for the church today. It will enable leaders to look at the theology of creation care, and to rediscover truths from the history of the Christian tradition. It is also full of liturgical and practical resources which will enable the church to live out this theology in the world.” – Aartsbiskop Thabo Makgoba

 

 

DAAR IS MEER. ‘N BRONBOEK VIR ROETEMERKERS BY LEWENSOORGANGE. DIE LAASTE OORGANG, DIE DOOD. Deur Cas Wepener en Santie Bothe-Smith met bydraes deur Cassie Carstens+, Hancke van Blerk en Nico Smit. Uitgegee deur Bybelkor, 2017. Daar is meer is ‘n bronboek met gedenkvierings wat gelowiges en gemeenteleiers kan help om die dood sinvol te vier. Om ons hartseer te verwoord, om uitdrukking aan ons dankbaarheid te gee en om liturgiese rituele te volg, kan ons in die moeilike en seer tye van die lewe inderdaad help om in die regte rigting te kyk. Die hart van hierdie boek is daarom vieringsgebede, treurformulerings en herinneringsrituele rondom die dood wat gelowiges sal help besef dat die viering van die dood inderdaad ook ‘n viering is wat van die opstanding van Jesus Christus vertel.”

 

WANNEER GOD MET JOU PRAAT. INSPIRERENDE OORDENKINGS VIR ELKE DAG MET GETUIENISSE DEUR BEKENDES SOOS GARY KIRSTEN, PORTCHIE, MMUSI MAIMANE EN ANDER. Deur Karien Basson. Uitgegee deur CUM, 2017. ‘‘Karien Basson neem jou met die oordenkings in Wanneer God met jou praat op ‘n reis wat jou daagliks in al die oppe en affe van die lewe sal bly herinner: God praat met jou deur sy Woord, deur sy stil stem in jou hart, deur medegelowiges wat gehoorsaam God se boodskap aan jou bring.”

 

HUMOR IN DIE HUWELIK deur Mark Gungor. Uitgegee deur CUM, 2017. Vertaal deur Uvalde Swart. “Hierdie boek is gebaseer op Mark Gungor se sukses met sy gewilde Laugh your way to a better marriage-seminare in Amerika. Tienduisende paartjies sê dat sy seminare hulle huwelik verryk en selfs gered het. Deur sy unieke vermenging van humor en eerlikheid help hy paartjies om mekaar werklik te vind – en pret te hê in die proses.”

 

 

8 MANIERE OM JOU VROU/MAN LIEF TE Hê deur David en Marilynn Chadwick. Uitgegee deur CUM, 2017. Vertaal deur Uvalde Swart. “’n Unieke omdraai boek: een kant vertel van agt maniere om jou vrou lief te hê, die ander kant van agt maniere om jou man lief te hê. Die skrywers bespreek die vraag wat dit beteken om jou vrou/man te eer, en daag die man dan uit om ‘n man van God te wees; om sy vrou aan te moedig om haar gawes te gebruik; om haar opinie te respekteer; om vir haar te sê wat jy op die hart het, en om woorde wyslik te gebruik. Die vrou word aangemoedig om haar man op te bou; haar huis te bewaak; haar man se las ligter te maak, en saam met hom groot drome te droom.”

The post Nuut vir jou boekrak appeared first on e•Kerkbode.