LUISTER: Gemeente skyn Helder … en deel met ander

https://kerkbode.christians.co.za/2019/06/05/gemeente-skyn-helder-en-deel-met-ander/

HELDER is ‘n splinternuwe musiekblyspel gebaseer op die verhaal van Josef in die Bybel.

Die NG gemeente Tygerpoort in Pretoria spog met ’n nuwe, unieke musiekblyspel waarin Anna Davel en Pierre Breytenbach rolle vertolk.

Die blyspel, getiteld Helder, is losweg gebaseer op die Josef-verhaal in die Bybel. Dit het ’n hedendaagse gevoel wat afspeel in ’n “nuwe wêreld” van straatbendes, weeskinders en weldoeners, luidens ’n verklaring op die gemeentewebwerf.

Luister hieronder na die titelsnit. Of laai die mp3 gratis af deur HIER te klik.