Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Message Details

Message posted on:
7 March 2010
Message author:
Clara
Message topic:
Wat is God se wil in my huwelik?
advertisement

 

The current message


Ek is ongelukkig in my huwelik met my man, Jaco. Ons was al voorheen getroud en na 2 en 'n half jaar het ek van hom geskei. Die grootste redes was dat hy baie vir my gejok het, in die aande na werk saam met sy vriende gaan kuier het en ons alleen in 'n huis gelos het waar daar al 2 keer ingebreek was, en al ons geld uitgedrink het, om dit kortliks op te som. Jessica, ons enigste kind uit die huwelik, was toe maar 'n klein babatjie en ek wou nie gehad het sy moet so grootword nie. Daarna het ek probeer aanbeweeg met my lewe, maar Jaco het my 10 keer 'n dag gebel, gese hy wil vir Jessica kom kuier, maar dan wil hy my eintlik net sien. Hy het allerhande beloftes gemaak oor hoe goed hy vir ons wil wees, kan wees, gaan wees en sal wees. Daarna was ons maar aan en af vir 'n hele paar jaar, tot in 1996 waar ons besluit het om weer te probeer. Ons het 'n huis saam gekoop en ek het weer my alles gegee om dit te maak werk. Daarna het Jaco 'n baie goeie kontrak in Irak gekry en ons het 'n plaas gekoop in Naboomspruit. Ek het daarop aangedring dat ons weer trou, want ek het gedink die Here sal ons seen as ons weer trou en dat Hy ons sal help om ons huwelik te laat werk as ons die ding reg doen. Ek het gedink noudat ons op 'n plaas bly weg van sy Polisievriende waarmee hy elke aand gaan kuier het, kan dinge net goedgaan. Ek moet se die gekuiery en gedrinkery het nou opgehou, maar nou is daar ander goed wat my ongelukkig maak. Jaco kan glad nie met geld werk nie, hy het al soveel skuld in sy lewe gemaak, wat ek maar elke keer uitgesorteer het as ons weer bymekaar kom. Hy tree ook baie impulsief op en dink nie 'n ding goed na nie. Hy is oneerlik, en as hy weet ek sal nie saamstem met iets wat hy doen nie, dan doen hy dit agter my rug. Die gevolg hiervan is dat ek al die verantwoordelikhede van die plaas, boerdery, finansies en Jessica (ek gee haar tuisonderrig) oorgeneem. Ek weet jy sal seker se ek bring dit op myself omdat ek als so oorneem, maar ek het regtig nie die vertroue dat Jaco verantwoordelik sal optree en die leiding neem in die huis nie, hy het my al soveel male teleurgestel dat ek hom net nie weer kan vertrou nie. Jaco was van Mei 08 tot Nov 09 by die huis, die kontrak in Irak is gekanselleer. In die tydperk wat ek en Jaco vir die eerste keer sedert ons weer getroud is, vir langer as 'n maand bymekaar was, was dit hel. Ons het omtrent elke 3e dag baklei en Jaco kan verskriklik aggressief raak en het my ook al in die verlede vreeslik aangerand, daarom is die bakleiery vir my senutergend, want ek weet nie wanneer hy weer sy humeur so gaan verloor dat hy iets aan my gaan doen nie. Hy se die lelikste goed vir my as ons baklei, as ek 'n ding met hom wil uitpraat, dan beskuldig hy my eerder vals van allerhande goed as om net te erken hy het verkeerd opgetree sodat ons dit kan uitpraat en aanbeweeg. Met die gevolg, ons praat nooit iets uit nie, hoe kan ons ons huwelik opbou as ons nooit oor iets kan praat nie. Hierdie is min of meer my storie, elke keer as ons baklei het, en ek voel hierdie huwelik gaan nooit werk nie, dan dink ek aan skei. Maar ek wil nie iets doen as ek nie seker is dit is die wil van die Here nie. Ek lees soveel dinge in die Bybel dat jy iemand 7x70 keer moet vergewe, jy elke keer die ander wang moet draai, dat wanneer 'n vrou met 'n sondige man trou, sy nie van hom moet skei nie want hy kan dalk homself bekeer as hy sien hoe die vrou lewe, en dat egskeiding 'n sonde is. Ek is van nature 'n onseker, besluitelose mens, en ek weet regtig nie wat ek nou moet doen nie. Party vriende se ek moet skei, dit werk nie uit nie, ander se weer mens moet jou man vergewe en vir hom bid. Die probleem is net, hy het my al soveel keer seergemaak dat ek nie weet hoe ek my hart gaan verander om te voel dat ek graag vir hom wil bid nie. Ek het iemand se leiding nodig, ek bid so baie dat God met my sal praat en duidelik vir my se wat ek moet doen. Dalk is my hele optrede verkeerd en is ek die oorsaak van ons probleme, maar dan moet God dit vir my wys, of iemand wat God gestuur het, dit vir my se. Ek hoop jy kan sin uitmaak van my deurmekaar lewe. Ek wil net graag gelukkig wees, sodat ek my krag en energie op dinge rondom my kan fokus, en nie die heeltyd ongelukkig en depressief voel oor my huwelik nie. Ek hoop om van jou te hoor. Groete, Clara

 

 
 
 

Back to top