Message Details
- Message posted on:
- 22 February 2010
- Message author:
- Ria de Vos
- Message topic:
- MAN WIL SKEI
The original message
Ek is in dieselfde bootjie as Ronel, my man wil skei na net 10maande se huwelik. Ek het wel maandag die dagvaardiging ontvang, dis ongemaklik want ons woon nog saam en kommunikeer nog op daaglikse basis. Hy is net so hardkoppig se net hy gaan nie probeer, teveel dinge is gese en gedoen. Ek is so raadop en desperaat ek weet nie meer watter kant toe nie? Ek werk regtig hard om die huwelik te red maar hy onttrek hom net.
advertisement
The current message
SVJ
Jy sê nie veel nie, maar ek kry die indruk dat jy nie regtig weet hoekom hy wil skei nie. Jy kan nog weer probeer deur iemand vir wie julle altwee vertrou, en wat julle sal wil help. Dalk ’n ouer persoon wat ’n goeie vriend is, en wat beslis nie kant sal kies nie. Deur so iemand kan julle probeer om met mekaar te praat en reguit antwoorde te gee en kry op julle vrae.
10 maande is baie kort. As dinge so ver gaan, kan jy deur jou prokureur probeer om te onderhandel en antwoorde te kry. Jy moet tog minstens weet hoekom hy wil skei, en hoekom hy nie meer wil probeer nie. Anders sal jy ook nie weet of daar tog nog iets is wat jy kan doen nie. Probeer hy om iets vir jou weg te steek, en nou wil hy die egskeiding haastig afhandel? Jy wil mos darem weet ...
Ons sal vir julle bid. Vra ook ander gelowiges om vir julle te bid en vra self die Here om vir jou te wys of daar iets is wat jy nog kan doen. Hy gee wysheid wanneer ons nie meer weet watter kant toe nie. Jakobus sê ons moet bid vir wysheid. Dit is die soort insig wat ons help om reg te lewe, die regte besluite te neem en vrede te maak met ander:
“Die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak” (Jakobus 3:17-18).
Dalk help die Good News Bible se vertaling om dit nog duideliker te maak:
“The wisdom from above is pure first of all; it is also peaceful, gentle, and friendly; it is full of compassion and produces a harvest of good deeds; it is free from prejudice and hypocrisy. And goodness is the harvest that is produced from the seeds the peacemakers plant in peace.”