Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Message Details

Message posted on:
7 January 2010
Message author:
Ria de Vos
Message topic:
gods lasterlike gedagtes
The original message

Goeie dag,

Dis ook omtrent noual 4 na 5 jaar terug wat ek hierdie gedagtes begin kry het. In die verlede het ek 'n pastorale sielkundige gaan sien en dit het gehelp. So wat 2 jaar terug het dit weer begin en erge depressie is by my gediagnoseer. Ek is noual 'n geruime tyd op anti depressante.Dit het nou onlangs weer begin.Wonder wat wakker die gedagtes aan.? Dit is nogals ontstellend want dis iets wat ek nie wil he nie.

Kan u asb vir my bid. Intussen sien ek weer 'n berader.

Chantelle
advertisement

 

The current message


Chantelle

Dit klink vir my of jy probleme het met obsessiewe gedrag. Dit word vererger deur stres en angstigheid. Hoe meer jy jou daaroor ontstel, hoe moeiliker gaan jy daarteen veg. Maar soos jy al self uitgevind het, dit kan behandel word. Erge depressie maak ‘n mens negatief en jy dink al hoe meer op maniere wat jou ontstel en wat jou bet nog al hoe meer negatief maak. Die patrone vererger, maar omdat jy reeds behandeling kry, kan dit alles omgekeer word.

Die feit dat hierdie gedagtes jou ontstel, wys mos dis nie iets wat jy wíl doen nie. Dit is ‘n probleem wat jy saam met die sielkundige kan pak en saam met die Here kan oorwin. Vra jou sielkundige of dit obsessiewe gedrag is, en om dit aan jou te verduidelik. En gee dit vir die Here wat weet jy ly aan ‘n toestand wat nie jou keuse is nie, maar waaroor jy die oorwinning kan behaal as jy geduldig saamwerk daarteen.

Ons sal vir jou bid. Die Here ken jou en weet jy het Hom nog baie lief. En Hy wil jou help om weer gesond te word met die hulp van medikasie en ander behandeling, maar veral met sy liefde.

 

 
 
 

Back to top