Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Message Details

Message posted on:
7 January 2010
Message author:
Ria de Vos
Message topic:
HUWELIK
The original message

Ek en my man is 2 j getroud en het 'n dogtertjie van 1.8mnde. sy werksmense beinvoed hom baie deur altyd vulger woorde en dinge te praat hy dien die here maar nie soos hy moet elke 3mnde dan haak hy uit en drink. daar is ook 3 singel vrouens by werk en ek vertrou hul gladnie hulle is altyd om hom en praat saam vulger stories . Ek weet nie meer wat om te doen nie ek weet nie om hy my verneuk nie of wat. ek is nie so mooi en maar soos hulle nie. maar al die dinge breek my en ek voel ek hoort nie in die huwelik nie. wat moet ek doen?
advertisement

 

The current message


Hanli

Ek kry die indruk jy is baie onseker van jouself. Jy kan nie glo jou man het jou gekies omdat jy jý is nie, en nou twyfel jy aan sy liefde vir jou.

Ek sou voorstel dat jy by ‘n geestelike boekwinkel gaan kyk na boeke en DVD’s oor verhoudings en/of die huwelik. Lees dit en probeer jou man oorreed om saam met jou daardeur te werk. Werk aan jou verhouding met hom sonder om hom die hele tyd te wantrou. Hy stel jou wel teleur wanneer hy begin drink, maar het hy jou regtig al rede gegee om hom so te wantrou? As ‘n mens mense vertrou, stel hulle jou gewoonlik nie so maklik teleur nie. Gee vir hom liefde en maak dit lekker om by jou te wees.

Werk ook aan jou eie verhouding met die Here en vra Hom om jou elke dag meer die vrou te maak wat jou man nodig het en die mens wat die Here bedoel het jy moet wees. Konsentreer op die positiewe dinge in julle lewe, nie die slegte dinge nie. En bid veral vir jou man, dat hy al hoe meer die persoon sal word wat die Here wil hê hy moet wees. Moenie kritiseer nie. Praat liewer met hom oor alles waarvan jy in hom hou.

As dinge nie verbeter nie, kan dit ook goed wees as jy uitvind van ‘n Christelike berader naby julle na wie toe jy kan gaan. Probeer hom dan oorreed om saam met jou te gaan.

Werk ook aan die volgende stappe na ‘n volwasse perwoonlikheid wat uit een van ons boekies kom. Maak seker waaraan jy nog moet werk en probeer om saam met die Here hierdie pad te stap. Hy wil jou help om te verstaan dat jy enigiets saam met Hom kan aanpak en dat Hy jou ‘n nuwe mens wil maak; iemand wat elke dag groei om al hoe meer volwasse te word; al hoe meer soos Jesus. Dit is waar ‘n mens begin, selfs met jou probleme met verhoudings.


Ontwikkel ’n volwasse persoonlikheid

’n Volwasse persoon het die volgende eienskappe:

Het selfdissipline as sy nie dadelik haar sin kry of ’n probleem oplos nie

Is selfstandig, maar weet dat sy en ander mense mekaar nodig het

Het selfvertroue, maar erken as sy ’n fout maak

Is nie liggeraak nie, maar kyk waar kritiek haar kan help

Aanvaar verantwoordelikheid vir haar dade en soek nie verskonings vir haar foute nie

Bejammer haarself nie en verdedig of vererg haar selde

Sê wat sy glo, maar dwing dit nie op ander af nie

Neem haarself nie té ernstig op nie, maar is ook nie onverskillig nie

Bekommer haar nie oor môre nie; sy beplan vir môre

Laat nie toe dat haar gevoelens handuit ruk nie

Het ’n realistiese siening van haarself, haar omgewing en van God

Weet dat sy nie altyd haar eie sin kan kry nie

Vertrou mense in die algemeen

Is gewillig om by omstandighede aan te pas

Maak vriende met mense; is verdraagsaam en geduldig, al stem sy nie altyd met hulle saam nie

Veroordeel ander nie, maar doen self die regte ding

Ons bid vir julle, dat die Here met julle altwee sal besig bly en julle al hoe meer sal maak soos Hy julle bedoel het om te wees.

 

 
 
 

Back to top