Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Bybelvraebus - Vrae & Antwoorde

« Vorige bladsy
Geplaas op:
1 Maart 2010
Geplaas deur:
Jan H Stander
Onderwerp:
Die ouderdom van Ahasia by troonbestyging

Vraag


Kan u vir my die volgende verklaar?

In die eerste klompie verse van 2 Kronieke 22 word oor die geskiedenis van Ahasia, koning van Juda, berig. In vers 2 staan daar, in die Afrikaanse 1983-vertaling van die Skrif: “Hy was twee en veertig toe hy koning geword het…”

In die verskillende Afrikaanse vertalings was Ahasia se ouderdom by troonbestyging –

1933-vertaling : 42
1953-hersiening : 22
1983-vertaling : 42
Nuwe Lewende Vertaling : 22
Die Boodskap : 22

In Engelse vertalings word Ahasia se ouderdom by troonbestyging gewoonlik in die nuwer vertalings [maar nie altyd nie!] as 22 jaar aangedui. In die ouer Engelse vertalings word sy ouderdom gewoonlik [maar weereens nie altyd nie] as 42 jaar aangedui.

In die Statenvertaling word Ahasia se ouderdom as 42 jaar aangedui, terwyl hy in die moderne Groot Nieuws Bijbel as 22 jaar oud aangedui word.

‘n Interessante variant word in die Septuagint gevind waar gesê word dat Ahasia 20 jaar oud was toe hy koning geword het.

Ten eerste: Hoe oud was Ahasia werklik toe hy koning van Juda geword het. En ten tweede: Waarom die verskille tussen die verskillende vertalings?

Jan H Stander
Mondeor

 

 
Ons Antwoord:

* * DIE OUDERDOM VAN AHASIA BY TROONBESTYGING - Ria de Vos - 2 Maart 2010 * *

 

« Vorige bladsy

 

advertensie
 
 
 

Na Bo