Bybelvraebus - Vrae & Antwoorde
- Geplaas op:
- 9 Februarie 2010
- Geplaas deur:
- Ria de Vos
- Onderwerp:
- DODERYK
Vraag
Met verwysing na die gelykenis van die ryk man en Lasarus.Toe Lasarus sterwe is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. Toe die ryk man sterwe en sy oe ophef in die doderyk en in smarte was sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. My vraag is:Is die doderyk en die hel die een en selfde plek?
Antwoord
Pieter
Volgens een van my kommentare beteken hierdie woord (hades) gewoonlik die plek van die dooies; ‘n plek waarheen alle dooies gaan: “It does not mean the place of punishment, though both heaven and the place of torment are in Hades (Luk 16:23). Death and Hades are strictly parallel terms: he who is dead is in Hades”
In die gelykenis van Lasarus en die ryk man beteken dit wel die hel, aangesien ons sien daar word ook gepraat van die ryk man se lyding. Dit lyk vir my “hades” word meermale gebruik vir die hel, maar daarvoor is daar ook ‘n spesifieke woord (gehenna) wat ons o.a. kry in Matteus 10:28.
advertensie