Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Message Details

Message posted on:
10/19/2009
Message author:
Ria
Message topic:
Ontslapenes en die dood
The original message

Wanneer jy die dag sterf gaan jy hemel toe as jy 'n kind van die Here was? Of verstaan ek dit verkeerd? Indien nie het ek 'n vraag teken oor die ontslapendes wat wat saam met die lewendes weg gevoer gaan word met die wederkoms? Dit NG kerk se geloof beleidenis se " die wat reeds gesterf het en die wat nog lewe"?

 

advertisement

 

The current message


Zelda

Wanneer ons praat van die opstanding uit die dood en die hemel, moet ons besef dat nie een van ons nog daar was nie, en dat ons nie oor alles duidelike antwoorde het nie.

Maar soos ons dit verstaan (nie net die NG-Kerk nie; die meeste kerke bely hierdie dinge - dis 'n baie ou belydenis in die Christelike kerk), is ons wel by die Here wanneer ons doodgaan, maar in die gees. Die wederkoms is die oomblik wanneer almal sal opstaan en saam met dié wat nog lewe by die Here sal wees. Presies hoe ons sal wees, sal ons dán agterkom.

Ons lees dit alles in 1 Tessalonisesne 4:13-18:

"Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.

"Troos mekaar dan met hierdie woorde."

Ons hoef ons nie hieroor te bekommer nie. Glo dit eenvoudig, want die Here se beloftes staan vas.

Ria

 

 

 

Back to top