Message Details
- Message posted on:
- 7/1/2009
- Message author:
- Dulsie
- Message topic:
- 'N NIE-CHRISTEN SAAM 'N CHRISTEN
advertisement
The current message
Ek is getroud met 'n man wat nie 'n Christen is nie, dit is baie moeilik want oral waar ek heen gaan, gaan ek alleen.
Ek gaan jou dit nie aanraai nie, want ons kinders is die probleem want Pa gaan nooit Sondae kerk toe nie, Pa help nie dat daar saam stiltetyd gehou word nie.En nou is die probleem as ek Sondae gaan vra die kinders eers: Gaan pa saam en as die antwoord nee is, wel bly almal en op die ou end gaan ek alleen. My kinders gaan verlore as gevolg van, gebrek aan kennis van dit wat in die Woord staan. Al doen ek ook wat, ons het saam begin maar aan die einde word dit nie meer gedoen nie, want hy is moeg. My kinders weet nie wat in die Bybel staan nie behalwe van dit wat hulle by die Sondagskool leer en hoor.
Al sê 'n mens se hart een ding en ons weet die ander - doen dit wat jy weet wat reg is.
* * 'n Nie-Christen en 'n Christen - Ria - 7/2/2009 * *