Please note: You are viewing the unstyled version of this site, either your browser does not support CSS or it has been disabled.
Skip to : [Content] [Services Menu] [Quick Navigation]


Message Details

Message posted on:
5/25/2009
Message author:
Ria
Message topic:
Verhouding met 'n nie-Christen?
The original message

Is dit verkeerd as n Christen in n verhouding is met n nie-Christen? Ek en my ou is bietjie meer as n jaar saam. Eks n Christen en het in n baie Christelike huis groot geword. My kerel het ook in n Christelike huis groot geword, maar nou dat hy ouer is soek hy feite. Dis nie dat hy die bestaan van God en Jesus ontken nie, maar hy bevraagteken baie goed in die Bybel en die manier waarop God werk, hy ook al reguit vir my gese hy weet nie regtig waarin hy glo (of God en dit wat die Bybel en wat ons glo akuraat is of nie). Ekt al als probeer om hom tot inkeer te bring. My kerel is n goeie ou en hyt n goeie hart, ek dink hyt potensiaal, maar dis net asof hy nie luister wat ek se nie en net altyd n beter antwoord het.

As ons gesprekke op geloof uitloop eindig dit altyd in n argiment op. Ek wil nie tussen hom en my geloof kies nie, altwee is baie belangrik vir my. Ek wil ook nie opgee op my kerel nie, maar wil ook nie Christenskap in sy keel af druk nie.

So my vraag is is dit verkeerd van my om by my ou te bly? En hoe kan ek hom tot inkeer bring sonder dat hy voel ek druk geloof in sy keel af?

Ek sal dit baie waardeer om n antwoord op my vrae te kry... Dankie by voorbaat.

 

advertisement

 

The current message


Sons

In 'n verhouding moet 'n mens sekere besluite neem. As daar te veel verskille is oor beginsels en geloof, kan dit beteken dat een van die twee moet laat los wat sy/hy glo om die vrede te bewaar. Baiekeer is dit die gelowige wat dit doen.

Jy erken dat julle elke keer 'n argument het as julle daaroor probeer praat. En een van die toetse is: wat sal julle doen wanneer daar kinders is? Hoe gaan julle hulle opvoed? Een van die gevaarlikste goed wanneer 'n paartjie kinders grootmaak, is as hulle nie oor belangrike sake saamstem nie. Dit verwar die kinders sodat hulle nie weet wat is goed of reg of wat moet hulle glo nie.

Wanneer 'n mens daarvan praat dat jy iemand wil oortuig om te glo, moet jy mooi verstaan dat argumente mense nie oortuig nie. Soos jy sien, word iemand kwaad en in plaas daarvan om iets te wen, verloor albei iets in die rusie.

Die enigste Een wat mense regtig kan oortuig, is die Heilige Gees van God. Ja, Hy kan mense gebruik, en Hy gebruik ook die Bybel, maar ons kan nie mense probeer dwing om soos ons te glo nie.

Jy twyfel oor die situasie. Jy besef daar kan 'n dag kom wanneer jy sal moet kies, en jy sien nie daarvoor kans nie. Daar is reeds twyfel in jou hart. Jy voel skuldig of onrustig en jy worstel met die moontlikheid dat jy nie kan aanhou om jou vriend én vir Jesus lief te hê nie. Jy vra die vraag omdat jy weet die besluit kan (sal) van jou gevra word.

Dit help nie om te sê jou vriend is vir jou belangrik, en Jesus ook nie. 'n Mens wat regtig die Here wil dien, moet op 'n punt kom om soos Paulus te kan sê:

"Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo.

"Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood" (Filippense 3:7-11).

Jesus wil eers alles van jou hê, want Hy het jou lief - so lief soos die lewe. As daar die moontlikheid is dat voel jy moet tussen Hom en iets of iemand anders kies, moet jy baie seker maak of jy nog kan sê Jesus is vir jou die heel belangrikste in jou lewe.

Dit is jy wat moet kies, maar besluit of jy kans sien om altyd te baklei oor iets wat vir jou so belangrik is. En of jy kans sien om téén Jesus te kies en agterna te weet jy het jou rug op Hom gedraai.

Bid baie vir jou vriend. As die Here wil, kan Hy jou gebruik om hom te help, maar dalk is julle te ná aan mekaar daarvoor.

Ons bid vir julle albei. Ons bid veral dat jy sal besluit wat regtig vir jou die heel belangrikste is, en dat jy die regte besluit sal kan neem en uitvoer.

Ria

 

 

 

Back to top