Ambassadeur vir hoop

http://kerkbode.christians.co.za/2019/03/15/ambassadeur-vir-hoop/

Hillary Geslin. Foto: Hanno Coetzee / LiG

Die 19-jarige Hillary Geslin van Egoli naby Wellington is ’n ambassadeur van hoop onder arm jongmense. Sy het op die ouderdom van 17 ’n boek geskryf wat deur Partridge Publishing, ’n internasionale uitgewer wat skry­wers help om hulle manuskrip self te publiseer, gedruk is en ook digitaal beskikbaar gestel is. Success comes with effort se “grootste waarheid” is dat jou omstandig­hede nie bepaal wie jy is nie. Sy moe­dig ook jongmense aan om nie afhanklik van hulle ouers te wees nie, maar dat hulle eer­der moet leer om self onafhanklik te wees. Hillary le­wer gereeld motive­ringspraatjies en is verlede jaar as ’n ambassadeur vir die Badisa Children Foundation gekies.

  • Lees die volledige artikel van Hilla­ry in die April-uitgawe van LiG. Die tydskrif is op winkelrakke beskikbaar.